Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Genesis 50:20: “Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen.”
God maak nooit ’n fout nie. Ons hoor hierdie woorde dikwels wanneer ’n ramp iemand getref het. Was dit God wat die ramp veroorsaak het? Is dit God wat dit wou of toegelaat het? Ek dink nie so nie. As dit so was dat alles God se wil is, sou ons net pionne op God se skaakbord gewees het.
Nee, daar is ook mense in die wêreld. Mense is van nature boos en leef meestal net vir hulself. Josef se broers was vol haat en jaloesie. Hulle het hul broer verkoop en vir hulle pa gejok. Selfs hulle pa se hartseer kon hulle nie weerhou om boos te wees nie.
Nee, dit was nie God se wil nie. Dit was hulle wil. Om te sê dat God dit toegelaat het, is ook onbevredigend, want dan bly God die uiteindelike bron van boosheid. Al hulle boosheid kon nie God se plan in die wiele ry nie. God het nie op ’n afstand gestaan nie. Hy draai selfs die bose planne wat mense uitdink met sy almagtige hande ten goede. Ja, die duisternis sal altyd in die wêreld wees. Tog sal die lig van God se genade nooit uitgedoof word nie. Selfs die bose doodmaak van Jesus het God se groter doel gedien – ons redding!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie