Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Genesis 45:7: “God het my voor julle uit gestuur om vir julle ’n oorblyfsel in hierdie land te laat oorbly...”
Soms gebeur dinge in ons lewe wat totaal onverstaanbaar is. Tog kry mense dit soms ook reg om iets van God se getrouheid in gebeure raak te sien. Toegegee, dit gebeur nie dadelik nie. Wanneer ons egter terugkyk, sien ons hoe God die gebeure in sy hand geneem het en dit gebruik het om ’n groter doel te dien as ons eie klein wêreldjie. Sonder die bril van geloof is ons soos iemand wat in die mis bestuur. Deur die genade van die Here het Josef die bril van geloof ontvang om iets van God se getrouheid in sy moeilike omstandighede te sien. Soms gebruik God selfs onreg wat gepleeg word deur diegene wat teen Hom is, om sy doel te bereik. Hierdie God is ook vandag in jou lewe betrokke. Kom ons verheug ons vandag in die Here wat, ten spyte van onreg, steeds getrou bly. Hy sal jou dalk verras met iets baie mooier as wat jy op die oomblik ervaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie