Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Lukas 12:6,7: “Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”
Die pyn van verlies is erger as die dood. Dit maak nie saak wat ons verloor het nie, dit is moeilik. Soms is die ergste van so ’n verlies dat dit wat ons verloor het, steeds daar is. Ons sien dit elke dag.
Een van die verse wat soms aangehaal word om te sê dat God dit toegelaat het, is Matteus 10:29. Ongelukkig is hierdie vers baie keer verkeerd vertaal. In hierdie vertalings word gesê dat nie een mossie op die grond val sonder “die wil van julle Vader nie”. Die woord “wil” kom nie in die Griekse teks voor nie. Dit sê eerder dat geen mossie op die aarde sal val sonder die Vader nie. Lukas gebruik nie die woord “wil” nie. Hy stel dit anders: God vergeet nie een van die mossies nie! Dit maak ’n groot verskil! As God nie mossies vergeet wanneer hulle val nie, sal Hy ons beslis onthou! God is daar wanneer die mossie val. God is daar wanneer mense ly, treur en sterf. God is vandag by jou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie