Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Esegiël 18: “Waarom gebruik julle in die land Israel hierdie spreekwoord:‘Die vaders eet groen druiwe,en dan word die kinders se tande stomp?’ So seker as Ek leef, julle sal nie meer dié spreekwoord in Israel gebruik nie. Dit is die mens wat sondig wat sal sterf.”
Ons ouers of grootouers herinner ons dikwels daaraan dat mense minder sondig was toe hulle jonger was. Soms doen ons die teenoorgestelde. Ons blameer die voorgeslagte. Dit is wat die mense in Israel gesê het. Die spreekwoord oor die groen druiwe en stomp tande is ontevredenheid met die vorige geslag.
Om ander te blameer is baie aktueel. Dit is altyd iemand anders se skuld. Ons neem baie selde verantwoordelikheid vir die huidige gemors. Die Here sê vir Israel dat die blaam spel moet stop.
Luis Palau het geskryf daar bestaan nie iets soos ’n post-Christelike samelewing nie. Een geslag kan die evangelie verwerp, maar kan dit nie namens toekomstige geslagte doen nie.
Die verlede maak nie saak nie. Dit is die hede, hoe ons nou leef, wat die verskil maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie