Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
2 Kor 8:7,9: “Aangesien julle alles in oorvloed het: geloof, die gawe om julle woord te doen, kennis van God, onbeperkte ywer en ons liefde vir julle, wees dan ook in hierdie liefdeswerk oorvloedig. Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word.”
Stel jou voor dat jy skielik van alles moet afstand doen om ander te help. Die mense wat jou hulp nodig het, is ondankbaar en in opstand teen jou. Sal jy dit dan nog doen? Dis min of meer die prentjie wat ons ons moet voorstel wanneer ons aan Jesus dink. Sy liefde vir ons, sê Paulus, motiveer ons om ander te help. Ons gee omdat ons in Jesus glo. Ons gee omdat Hy alles gegee het. Ander gelowiges in Macedonië leef volgens hierdie voorbeeld (8:5). Hulle was arm, maar het bo hulle vermoë bygedra om ander te help (8:3). Paulus se lesers word gemotiveer om vanuit die rykdom wat hulle nou in Christus en materieel beleef, die arm medegelowiges te help. Ken ons die genade van ons Here Jesus regtig, soos Paulus beweer? As ons sy genade ken, het ons nie ’n keuse as om te gee nie. ’n Verbintenis om jou gawes te deel is ’n lewenstyl van Christene. Richard S. Emrich skryf iewers dat ons gee omdat ons glo, en ons geloof verdiep wanneer ons gee.
Here, laat ons soos U gee, onvoorwaardelik en aanhoudend, in Jesus se Naam. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie