No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

1 Kor 1: 18: “Die boodskap van die kruis van Christus is vir ons wat gered word... die krag van God.”

Wat is jou grootste behoefte in die lewe? Afhangende van ons omstandighede, wil ons verskillende dinge hê. Dit is nie sleg om die dinge te wil hê nie. Die probleem is wanneer ons nie besef wat ons regtig nodig het om ’n sinvolle lewe te hê nie.

Max Lucado skryf dat as ons grootste behoefte inligting was, sou God vir ons 'n onderwyser gestuur het, of ’n wetenskaplike as ons grootste behoefte tegnologie was.

Miskien wil jy iets van God hê, maar jou grootste behoefte is nie vervul nie. Lucado sê dat ons grootste behoefte vergifnis is. Daarom het God vir ons ’n Verlosser gestuur. Ons het ’n Verlosser broodnodig, want ons het seergekry en het genesing nodig. Ons het gesondig en het vergifnis nodig. Ons het misluk en het versoening nodig.

Al het ons al die dinge gehad wat ons wou hê, maar nie die kruis van Christus nie, is ons lewe sonder sin en inhoud. Christus, die Gekruisigde, het ons totale verlossing bewerk. Dit is wat ons nodig gehad het (1:30).

Verlosser, dankie dat U my grootste behoefte vervul het. Amen.

* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar

Republikein 2025-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer