Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Judas 21,22: “Bly in die liefde van God. Vestig steeds julle verwagting op die barmhartigheid van ons Here Jesus Christus wat die ewige lewe aan julle sal gee. Oor dié wat in twyfel verkeer, moet julle julle ontferm.”
Iemand skryf dat ons dalk ’n miljoen dae in die toekoms het, maar net een vandag. Ja, Christene het ’n vaste hoop. Ons wag vir die dag wanneer ons by Christus sal wees.
Ons leef egter vandag. God stel nie belang in ons verlede en hoe ons Hom baie jare gelede gedien het nie. Vandag, sê die brief aan die Hebreërs en Psalm 95, is van deurslaggewende belang. Ons moet vandag in God se liefde bly.
Ons moet vandag God se liefde geniet en op hierdie liefde reageer. Vandag sal ons so gevul word met hierdie liefde dat ons sal omgee vir die mense rondom ons – vir twyfelaars, mense wat die pad verlaat het en ons liefde nodig het.
Ja, ons sien uit na die hemel. God sal dit vir ons gee. Intussen het ons vandag iets om te doen. Laat die hemelse liefde vandag deur jou skyn. Die toekoms begin immers altyd vandag!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie