No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

2 Kor 9:11: “... julle vrygewigheid het tot gevolg dat God gedank word.”

Hoekom help ons mense? Dikwels sien ons die nood van ander en voel jammer vir hulle. Ons help, want dit is die menslike ding om te doen.

Ons help nie mense net omdat ons jammer voel vir hulle of om iets terug te kry nie. Wat ons het, is immers reeds ’n seën van God. Paulus sê: “Julle ken die genade van ons Here Jesus Christus: hoewel Hy ryk was, het Hy ter wille van julle arm geword, sodat julle deur sy armoede ryk kon word” (2 Kor 8:9). Hoe meer Christus gegee het, hoe meer het ons ontvang. Daarom help ons! Ons reageer net op sy genade. Dan sal God geprys word, nie ons nie. Dit is ons doel. Dit is die seën wat vrygewige mense ontvang (2 Kor 9:11,12).

Kommentaar

Republikein 2023-03-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer