No Image Caption

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL

Joh 19:26,27: “Daar is u seun. Daar is jou moeder. Van daardie oomblik af het die dissipel haar in sy huis geneem.”

Eensaamheid. Dit, het Moeder Teresa gesê, is die grootste armoede van ons tyd. HW Lee skryf dat as ons werklik die woorde van Jesus aan die kruis hoor, dit heeltemal anders sal wees. Die kruis skep nuwe verhoudings met mekaar – omgee-verhoudings. Daarom is daar vandag iets wat ons ’n omgee-gemeenskap kan noem – die kerk.

Jesus se dood bring ’n nuwe kwaliteit in die verhoudings tussen gelowiges teweeg. Dit oorskry alle fisieKe grense.

Om Jesus te volg is om sy wil te doen. Daar is geen plek vir eensaamheid in die kerk van Jesus Christus nie. Dit is die plek waar ons aanvaarding en liefde moet ken. . . as ons daardie woord van die kruis hoor.

Here, maak my hart oop vir hulle wat eensaam is, in Jesus se Naam. Amen.

Kommentaar

Republikein 2025-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer