Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Luk 12:33,34: “Verkoop julle besittings en gee bydraes vir die armes. Skaf vir julle ’n beurs aan wat nie leeg raak nie, ’n onuitputlike rykdom in die hemel... Waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.”
Waar is jou hart? Daar is ’n grappie oor ’n ryk ou man wat saam met ’n versekeringsagent na ’n lys van sy besittings gekyk het. Terwyl hulle deur die lys gegaan het, het die jong agent na die ou man gedraai en gesê: “Meneer, jy weet dat jy niks hiervan saam met jou kan neem wanneer jy sterf nie.” Die man het geantwoord: “Wel, dan gaan ek ook nie.”
Christene reis nie met sleepwaens vol besittings nie. Hulle reis lig. Hulle rykdom is die evangelie en die koninkryk (12:31,32). Hulle sal die hemel ontvang en daarom is die “mineraalregte” nie belangrik nie.
In die Evangelie van Lukas sien ons dikwels hoe mense se besittings in die pad gestaan het om Jesus te volg. Om Jesus te volg beteken om jou hart nie op besittings te verloor nie, maar op Hom. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie