Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Titus 3:3,4,7: “Vroeër was ons ook onverstandig, ongehoorsaam, op die verkeerde pad. Maar toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir die mens verskyn. So is ons dan deur sy genade vrygespreek en het ons erfgename geword van die ewige lewe wat ons verwag.”
Ons skryf mense af wat soos Dawid gesondig het, soos Petrus Jesus verloën het, soos die verlore seun alles verkwis het, soos Paulus die kerk vervolg het, die moordenaars langs Jesus aan die kruis. Wie wil die hemel met prostitute en tollenaars deel? Blaai deur die bladsye van jou lewe. Hoeveel maal het jy dit verdien om deur God verwerp en gestraf te word?
Paulus skryf verrassende woorde. God se genade is dat Hy hopelose sondaars mense uit genade red en vryspreek.
Die hemel sal ’n interessante plek wees – die versameling van vrygespreekte sondaars, slegs uit genade. Wat ’n wonderlike plek sal dit nie wees nie. Daar sal ons soveel stories van onbeskryflike genade hoor en saam met ander bly wees oor God se genade.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie