Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Klaagliedere 1:1: “Ag, hoe verlate lê die stad wat vol mense was!”
Die akrostiese klaaglied (’n gedig volgens die Hebreeuse alfabet) vertel van die verskriklike krisis waarin die volk van God verkeer weens hulle sonde. Jerusalem is beleër (wat meer as ’n jaar geduur het). Dit het uitgeloop op ballingskap.
In die eerste verse van hierdie klaaglied hoor ons die basiese temas van die boek. Dit hou verband met die sogenaamde Sionsteologie. Hierin is geleer dat Jerusalem as God se stad onoorwinlik is. God het daar gewoon (Ps 46,48).
Nou het die stad geval. Israel moes op die harde manier leer dat ongehoorsaamheid hul krisis veroorsaak het. Hul identiteit en toekoms het nie van ’n stad afgehang nie, maar van ’n verhouding met God. Dit het hulle prysgegee.
Baie mense kan met hierdie klaaglied identifiseer. Politieke stelsels lyk soms onoorwinlik en gee selfs die indruk dat dit goddelik is. Selfs die kerk word soms mislei om te dink dat dit magtig is. Wanneer hierdie instellings tot niet gaan, rou en kla mense daaroor.
Ons moenie teologieë of ideologieë vertrou wat belowe dat God mag, sukses en rykdom gee en met ons is ongeag ons optrede nie. Menslike instellings, denominasies, leiers, leraars of menslike potensiaal kan nie ’n toekoms waarborg wanneer ons ontrou aan God is nie. Israel moes dit besef. Ons moet ook.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie