Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Ps 3:4: “Maar U, Here, is ’n skild wat my beskut.”
Beproewinge kom in baie vorme na ons toe. Soms is dit siekte of dood; angs oor die toekoms. Soms is dit net ons eie skuld omdat ons dalk swak oordeel in ’n spesifieke situasie aan die dag gelê het.
Dawid bevind hom ook in so ’n uitdaging. Hierdie keer is dit sy eie seun wat in ’n rebellie teen hom betrokke is.
Beproewinge wil ons van God vervreem en het die potensiaal om ons te vernietig. Soms ontwrig dit nie net ons slaappatroon nie, maar ons hele lewe. Ons begin ons eie planne maak. Die psalm daag ons uit om net op God te vertrou. Hy sal help, want Hy het nog altyd gehelp. In ’n gesprek met Niels Bohr het Albert Einstein gesê dit is moeilik om God se kaarte te sien, maar dat hy verkies om met die wêreld te dobbel, is iets wat Einstein nie vir 'n enkele oomblik sal glo nie.
Ek dink Einstein het Psalm 3 gelees.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie