Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
2 Korinthiërs 3:18: “Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.”
Hoe lyk jou dagboek vandag? Ja, ons mededingende wêreld eis dat ons hard moet werk, afsprake moet hê en vergaderings moet bywoon. Soms kry ons min tyd vir die mense en dinge wat ons regtig liefhet. Soms is ons nie net slagoffers nie, maar speel saam en maak die lewe vir onsself moeilik. Ons wil meer en meer hê.
Kom ons stop net vir ’n oomblik en vra waarheen ons op pad is. Waar pas God in? Ek praat nie van ’n soort lewe waarin jy sê hoeveel ure jy bid of Bybelstudie doen nie. Die vraag is: Is jou leefstyl en die manier waarop jy werk en beplan ook plekke waar jy toelaat dat die Gees van God jou vul en verander?
Paulus sê die Gees skep die beeld van Christus in jou. Sy primêre doel in jou lewe is nie om jou suksesvol te maak nie, maar dat Christus deur jou lewe aan ander gewys kan word. Walter L Wilson het tereg gesê dat God meer daarin belangstel om ons te maak wat Hy wil hê ons moet wees, as om vir ons te gee wat ons wil hê.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie