Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL:
Psalm 5:4: “U luister na my stem in die môre, Here, in die môre terwyl ek voor U verskyn en op U wag.”
Die Franse skilder Paul Gauguin het mooi opmerkings in sy lewe gemaak. Dit is een van sy bestes: “Ek maak my oë toe om te sien.” As skilder kon hy sy oë toemaak en baie dinge verbeel met sy kreatiewe verbeelding.
Wanneer Dawid sy oë toemaak in Psalm 5, sien hy ’n luisterende Here (5:4). Dawid ly onder die druk van vyande (5:10,11). Sy gebed teen sy vyande laat ons dalk ’n bietjie ongemaklik voel, want as Christene bid ons nie meer vir die vernietiging van ons vyande nie. Die Here sal oordeel, nie ons nie.
Dawid se Psalm leer ons egter om te bid vir iets wat ons ook baie na aan die hart lê. Dit is dat geregtigheid en reg kan seëvier en dat die onreg in die wêreld kan eindig (5:5-7). Saam met Jesaja droom ons oor God wat sy koninkryk sal oprig en in stand hou deur reg en geregtigheid (Jes 9:7).
Ja, maak jou oë toe en jy sal ’n luisterende Here sien. Bid dat sy nuwe wêreld in jou lewe sal begin.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie