Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
1 Timoteus 4:8: “Want liggaamlike oefening het ’n mate van waarde, maar die godsaligheid het waarde vir alles en hou ’n belofte in vir die huidige en die toekomstige lewe.”
My seun en skoonseun het al die uitmergelende Desert Dash gery. Honderde mense neem jaarliks in Desember hieraan deel oor ’n afstand van 393 kilometer. Dit is bergagtig, sanderig, klipperig. Dit is moeilik. Voorbereiding vir hierdie wedloop is intens; dit verg fokus.
Om fiks te wees en te oefening, is baie belangrik en gesond. Ek is nie seker of ek hierdie een wil doen nie, maar ons uiteindelike doel met oefening is om ’n gesonde liggaam te hê.
Om gesond in jou geloof te wees, verg ook oefening. Hoe goed sou ons Christelike lewe wees as ons so gedissiplineerd was met ons geestelike oefening as wat ons voorberei vir ’n uitmergelende wedloop.
Martin Luther het gesê die Christelike lewe beteken nie dat jy vroom is nie, maar dat jy vroom word. Dit beteken nie dat jy gesond is nie, maar gesond word. Die Christelike lewe is nie rus nie, maar oefening. ’n Ware vakman is nooit tevrede nie. Lui mense raak baie gou tevrede. Gelowiges versterk altyd hulle geloof.
Is jy tevrede met jou geloofsfiksheid? Dit is nou die tyd om aandag daaraan te gee, want ons geloofslewe is ’n lang reis. Sonder oefening kan ons toeskouers word, in plaas van deelnemers.
Here, stel my in staat om my geloof elke dag te beoefen, deur die krag van u Gees. Amen.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie