No Image Caption

Bybelse wysheid

Sanet Pearson
DR. ANNES NEL

Lukas 9:57: “Terwyl hulle op pad was, sê iemand vir Hom: ‘Ek sal U volg waar U ook al gaan’.”

Naby Swakopmund in Namibië is ’n eensame trein in die woestyn. Dit staan net daar en beweeg nie. Dit word Martin Luther genoem. Hoekom? Omdat Martin Luther onbeweeglik was in sy oortuiging oor God se genade. Hy het gesê: “Hier staan ek. Ek kan niks anders doen nie. God help my.”

So ’n toewyding verg moed. Hy het vyandigheid en selfs vervolging beleef. Hy het die evangelie voor heersers verdedig. Hy het geweier om terug te staan.

Jesus se gelykenis verwys na twee houdings om Hom te volg. Elke keer hoor ons die belofte: “Ek sal die Here volg, maar ek moet eers ’n paar dinge afhandel.” Soos elders in die evangelie (sien Lukas 14), is dit duidelik dat familiebande een van die groot redes is waarom mense huiwerig is om Jesus bloot te volg.

Sommige van die lesers van Lukas het begin om vasgebind te wees aan aardse dinge. Hulle verwagting dat Jesus binnekort sou terugkeer, het begin vervaag. Daarom het aardse verbintenisse begin swaarder weeg as hulle toewyding aan Christus.

Jesus sê dat diegene wat aan aardse verbintenisse vashou, nie werklik Christus volg nie. Christus het nie aan aardse dinge vasgehou nie (Lukas 9:58). Los dus dit wat jou verhoed om Hom onvoorwaardelik te volg.

Iemand het gesê as God jou geroep het, moet jy nie oor jou skouer kyk om te sien wie jou volg nie. Net so, moenie terugkyk en sien wat jy agterlaat nie. Volg Jesus onvoorwaardelik.

Kommentaar

Republikein 2022-12-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer