Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Johannes 17 vers 23: “Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefhet net soos U My liefhet.”
Ek het in ’n land gewoon wat ’n militêre operasie in ’n buurland begin het. Afgesien van die verskriklike lewensverlies in albei lande, was daar nog ’n tragiese gevolg. Een van die predikante van die land waar die konflik uitgebreek het, was ons student. Volgens hom het leraars in daardie land die boodskap van wraak begin verkondig. Sommige van hulle het alle kontak met hul kollegas in die ander land verbreek. Kortom: die kerk van Jesus Christus is verskeur.
Jesus is op sy knieë in Johannes 17. Hy tree by God in vir sy dissipels en die mense wat deur hulle getuienis deel van die geloofsgemeenskap sou word. Jesus bid vir die eenheid tussen gelowiges.
Waarom is hierdie eenheid so belangrik? Eenheid onder gelowiges is ’n kragtige getuienis. Dit behoort die wêreld te oortuig dat Jesus die boodskapper van God was (17:21,23). As Christene verdeeld is, sal die wêreld moeilik glo dat Jesus die Seun van God is. Paulus skryf dat ons eenheid onder mekaar moet handhaaf, want eenheid is die werk van die Gees van God (Ef 4:1,2).
Eenheid is nie ’n opsie of iets onsigbaar nie. Dit moet ’n sigbare eenheid wees, anders sal die wêreld nie glo ons is ernstig oor God nie. Ons behoort die antwoord op hierdie gebed van Jesus te wees.
Vader, maak ons een, deur die krag van u Gees. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie