Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Eksodus 3:13: “Sê nou maar ek kom by die Israeliete... en hulle vra vir my: ‘Wat is sy Naam?’ Wat moet ek dan vir hulle sê?”
Familiename is uit die mode in baie kulture. Mense skep name en gee name aan hulle kinders sonder om eers aan die betekenis of oorsprong van die naam te dink.
Dit was nie die geval in Israel nie. Wanneer jy iemand se naam in die Ou Nabye Ooste geken het, het jy sy of haar wese geken.
Moses het baie besware gehad toe God hom geroep het. Een van die belangrikstes was hierdie een: As mense my vra wie het my gestuur, wie is U? Dit is goed dat U belowe het om saam met my te gaan, maar sê vir my wie U is, Here. Wat is U naam? Moses sou gaan, maar Hy wou die Here se “grense” ken. Hy wou in wese in beheer wees van die situasie omdat hy wou weet hoe ver hierdie God met hom sal gaan.
In Eks 3:14 openbaar God Homself in sy Naam: Ek is wat Ek is. Iemand vertaal dit so: Ek is daar, waar dit ook al mag wees, ek is regtig daar.
Wat die Here sê is dit: Wie ek is en wat ek doen sal in die toekoms duidelik bevestig word. Sy naam is ’n belofte van sy aktiewe teenwoordigheid. Sy naam is vol belofte. Hy kom sy beloftes na en sal dit altyd nakom (3:15).
In Jesus wys die Here wie Hy is: Immanuel, God met ons. Hy is daar wanneer Hy ons stuur.
Immanuel, dankie dat U by ons is wanneer ons U taak in die wêreld vervul. Amen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie