Bybelse wysheid
Prediker 2:11: "... ek (het) gesien dat alles niks was, 'n gejaag na wind. In hierdie wêreld bevredig niks nie."
In 'n Turkse televisiereeks, Soos die kraai vlieg, doen ’n obsessiewe jong meisie alles om ’n baie suksesvolle televisiepersoonlikheid te vernietig. In ’n argument oor sukses, roem en rykdom, sê die televisiepersoonlikheid se beste vriend dat hierdie jong vrou moet weet dat daar niks is wanneer jy die hoogste posisie bereik het nie.
Dit laat my dink aan ’n verslaggewer wat eenmaal aan Jack Higgins, ’n uiters suksesvolle rillerskrywer, ’n vraag gestel het. As Higgins kon terugkyk op sy lewe, watter wysheid sou hy wou hê as hy weer ’n jong seun was? Sy antwoord was: "When you get to the top, there is nothing there."
Die skrywer van Prediker leer ons dieselfde waarheid. Hy het dit geleer: Niks in die wêreld bevredig nie. Hy het met alles geëksperimenteer. Hy het die spreekwoordelike "wine, women and song" probeer. Hy het projekte aangepak, slawe en vroue besit en oorvloedige rykdom gehad. Alles was ’n gejaag na wind.
Carl Jung het gesê dat die basiese neurose van ons tyd leegheid is. Ons lees gereeld in die media van soveel mense wat ernstig ongelukkig is ten spyte van hulle rykdom en gemaklike lewe. Thomas Wolfe sê ons het die toppunt van sukses bereik wanneer geld, komplimente en publisiteit onbelangrik geword het.
Dit is deels waar. Die groter waarheid is dit: Net God kan die gat in ons hart vul wat ons met niksseggende dinge probeer vul.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie