Bybelse wysheid
Gen. 1:27: "Toe het God gesê: 'Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld ...'"
Ek het die voorreg gehad om in verskillende plekke in die wêreld te werk. Die verskillende kulture en leefstyle is fassinerend.
Dan kyk ek na die mense. As ek in die strate loop en sien hoe mense bedel, is ek dikwels baie hartseer, want ons het hierdie vers in die Bybel uit die oog verloor: ons is God se beeld, God se verteenwoordigers.
Enersyds sien ek die gebrokenheid van mense. Andersyds is ek nie seker of hulle wat God nie ken nie, iets van God ervaar deur die manier waarop ek leef.
Ons het ’n verantwoordelikheid teenoor mense en die skepping. Ons moet vir hulle sorg.
Om God se mense in God se wêreld te wees verg groter verantwoordelikheid van ons almal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie