Bybelse wysheid
1 Johannes 3:18: "... ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid."
Onmoontlik! Wil jy vir my sê hierdie persoon is 'n Christen? Ek sou dit nooit geglo het nie!
Ek is seker jy het hierdie woorde al gehoor of dalk self oor iemand gesê. Wel, dit is presies wat Johannes in sy brief sê. Christene het liefde. Liefde is ’n teken van Christenwees.
In 1 Johannes 3:16-18 gee hy ’n voorbeeld. God het baie moeite gedoen om sy liefde vir ons te wys. Hy het ’n offer gebring. ’n Offer is iets wat jy weggee, al is dit die kosbaarste ding wat jy het. Jesus het sy lewe gegee.
Hierdie liefde moet ook deur ons lewens gewys word, sê hy. Offers is normaal vir Christene. As ons iemand in nood sien, gee ons van ons eie besittings prys om te help. As ons dit nie doen nie, vra Johannes die reguit vraag: hoe kan die liefde van God in daardie persoon wees (3:17)? Met ander woorde, wil jy vir my sê die persoon is ’n Christen?
Onmoontlik!
Dit is onmoontlik vir ’n Christen om sy of haar rug op die behoeftes van ons medemens te draai. Ons kan nie die probleme van die wêreld ver van ons af oplos nie. Soms is die nood hier by ons, werk vir ons of werk saam met ons.
Iemand het opgemerk: Jy kan dalk gee sonder om lief te hê, maar jy kan nie liefhê sonder om te gee nie.
Here, maak my oë oop en maak my gewillig om mense in nood te help.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie