Bybelse wysheid (002)
Bybelse wysheid (002)

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL
1 Kor. 13:1: "Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is ..."

Die bloedoortappingsdiens lewer ’n noodsaaklike diens aan duisende mense. Skenk bloed en red lewens, sê hulle.

Geen beskrywing kan meer akkuraat wees nie. Mense kan die wonderlikste vaardighede en liggame hê, maar sonder bloed is die liggaam ’n lyk.

Dit is wat liefde in die kerk van Jesus Christus is. Dit is die bloed van die liggaam. Dit dra die nodige suurstof en lewegewende elemente om die liggaam in staat te stel om te funksioneer.

Paulus maak weer in 1 Kor. 13 ’n lys van die gawes. Hy sê liefdeloosheid trek ’n streep deur gawes.

Soms is dit aaklig om na die geestelike meerderwaardigheid van Christene te luister: "As jy nog nie hierdie of daardie gawe ervaar het nie, is daar dalk iets fout met jou." Is dit liefde wat so praat?

Sonder liefde is geen gawe iets werd nie. Liefde is soos die bloed van die liggaam. Sonder liefde is die liggaam niks, dood.

Kommentaar

Republikein 2026-06-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer