Bybelse wysheid
1 Kor 12:11: "Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik 'n gawe uitdeel soos Hy wil."
Ons spandeer almal tyd voor die spieël. Normaalweg is dit nie om ons liggame te inspekteer nie, maar om te skeer of om grimering op ons gesig te sit. Ons dink amper nooit aan ons liggaam solank dit goed werk nie. Ons stap, praat, eet, speel sonder om die minste daaraan te dink dat ons liggame ’n komplekse stelsel is wat in harmonie saamwerk.
Ek wonder dikwels of leiers van kerke so oor die kerk dink. Soms verwag hulle dinge van ’n deel van die liggaam wat nie daardie funksie kan verrig nie. ’n Oog kan nie hoor nie en ’n oor kan nie sien nie. Sou ons dit van hierdie liggaamsdele verwag?
Ongelukkig verstaan ons nie die gawes van die Gees reg nie. In 1 Kor. 12:7 en 11 word die woord "elkeen" gebruik. Die gemeentelede ontvang elkeen afsonderlik ’n gawe van die Gees. Een mens ontvang nie alles nie. Daarom sien ons heeltyd dat Paulus die woorde "aan die een" en "aan die ander" gebruik. Uiteindelik besluit die Gees van God hoe Hy die gawes verdeel (12:11). Dit is sy keuse.
Hoekom doen die Gees dit op hierdie manier? Sodat ons ons gawes "tot voordeel van almal" kan gebruik (12:7). Ons is geroep om mekaar te dien met ons gawes.
Dankie, Heilige Gees, dat ons verskil. Help ons om ons verskille te respekteer en u liggaam te dien.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie