Bybelse wysheid (002)
Bybelse wysheid (002)

Bybelse wysheid

DR. ANNES NEL
Gal. 6:7: "Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat ’n mens saai, dit sal hy ook oes."

Ek is nie ’n tuinier nie. Toe ek ’n kind was, is ek gedwing om werk in die tuin in die warm somerson te doen. Sedertdien probeer ek enigiets vermy wat my aan daardie dae herinner.

Paulus herinner ons in Gal. 6 dat ons tuiniers is, of ons daarvan hou of nie. Ons saai en oes.

Die filosoof, Francis Bacon, het opgemerk dat ’n mens ’n plant is wat óf ’n geurige spesery of ’n vernietigende onkruid word. Daarom, het hy gesê, moet ons let op watter een water kry.

Ons kan in twee rigtings groei. Die een is die pad van die dood, die ander van die lewe (6:8). Dit is fataal om op ons eie natuur te bou. Wanneer ons ons menslike natuur natmaak, sal daar onbeheerbare rampe vir ons en ander wees.

Die water van die Gees het egter ook ’n middel om onkruid te vernietig, naamlik Jesus se dood en opstanding. Die Gees gebruik die verlossingswerk van Christus om sonde in ons lewens te vernietig.

Kommentaar

Republikein 2025-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer