Bybelse wysheid
2 Kor 3:18 en 4:16: "Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word ... Dit doen die Here wat die Gees is. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe."
Veroudering is ’n stadige proses. Eers wanneer ons ’n foto van onsself van 'n paar jaar gelede sien, besef ons dat dinge radikaal verander het.
Verandering is ’n natuurlike deel van die lewe. Die Gees van God bring positiewe verandering in ons lewens teweeg. Iemand wat saam met die Gees van God stap, bly nooit dieselfde nie.
Dit is een van die belangrikste take van die Gees. Hy is God se beitel wat die stukke van ons lewe afkap wat nie soos Christus lyk nie. Hy is God se operasiemes wat die dinge uitsny wat ons vernietig. Sonder hierdie werk van die Gees van die Here sal ons lewens tot niet gaan.
Christene verlang dus nooit na die “goeie ou dae” nie. Die ou foto's maak nie saak nie!
Ons wil groei, volwasse word in geloof, sodat ons meer en meer soos Christus kan wees.
John Maxwell het gesê wanneer jy dink jy is klaar met verandering, is dit ook klaar met jou.
Gees van God, verander my elke dag om meer soos Jesus te word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie