Photo Caption
Photo Caption

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

Openbaring 3:12: “Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God. . . En Ek sal ook my eie nuwe Naam op hom skrywe.”


Sommige mense gebruik tatoeëermerke op hulle liggame om te wys wie hulle is of wat vir hulle belangrik is. God belowe dat Hy sy Naam sal skryf op dié wat getrou aan Hom bly: “Toe het ek die Lam op Sionsberg sien staan en by Hom honderd-vier-en-veertig duisend mense met sy Naam en sy Vader se Naam op hulle voorkoppe geskrywe” (Openbaring 14:1).

Die identiteit van die Christene in Filadelfia is nie bepaal deur hulle agtergrond, reputasie of die name wat ander mense hulle gegee het nie. Hulle het aan God behoort.

Hy het ons lief en het ons deur die bloed van Jesus verlos. Die mense wat God se kinders bespot, verwerp en sleg behandel, sal eendag besef hoe kosbaar ons vir Hom is.

Selfs wanneer mense ons verkeerd verstaan, sleg van ons praat of die lewe vir ons moeilik maak, is ons seker dat God weet wie ons is. Ons hoef nie ons waarde te bewys deur wat ander mense van ons dink of sê nie. Ons dra sy Naam. Ons behoort aan Hom en niks kan ons van sy liefde skei of ons plek in sy familie wegneem nie.


Here, dankie dat ek aan U behoort en dat U my ken. Help my om getrou aan U te bly. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-11-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer