Photo Caption
Photo Caption

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

Openbaring 3:4: “… julle het darem ’n paar mense daar in Sardis wat nie hulle klere besoedel het nie.”


Sardis was ’n ryk stad wat bekend was vir sy tekstiel- en wolbedryf en kleurstowwe. Die mense se gesprekke het waarskynlik dikwels oor die nuutste kleure en materiaal gegaan. Jesus praat van gelowiges in Sardis wat hulle klere skoon gehou het. Die wit klere verwys na ’n rein lewe wat deur Jesus se bloed gewas is (3:18; 4:4; 6:11; 7:9, 13; 19:14). Ongelukkig was daar net ’n klein groepie wat getrou gebly het. Die mense van Sardis het oor baie jare bekend geword daarvoor dat hulle nie veel omgegee het oor wat reg en verkeerd is nie. Hierdie gesindheid het ook die kerk beïnvloed. Hulle het geleidelik die wêreld se waardes aanvaar.

Charles Spurgeon skryf dat ’n Christen wat soos die wêreld leef, geestelik siek is. Ons kan geleidelik begin aanvaar wat almal rondom ons doen. Ons bly stil wanneer ons vir Jesus behoort op te staan. Ons wil nie anders as ander mense wees nie. Dit is ’n ernstige waarskuwing vir ons. Ons kan kerk toe gaan en liedere sing, maar tog kan ons harte koud teenoor God word. Kom ons kyk eerlik na ons lewens. Jesus roep ons om getrou te bly, selfs wanneer dit moeilik of ongewild is.


Here Jesus, hou my hart rein en help my om in alles getrou aan U te bly. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-11-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer