Photo Caption
Photo Caption

Bybelse wysheid

-
-
Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

Openbaring 2:13: “Tog bly julle aan my Naam getrou en julle het nie julle geloof in My afgesweer nie, selfs nie in die tyd toe Antipas, my getroue getuie, doodgemaak is nie.”


Pergamum was ’n moeilike plek vir Christene. Hulle het verwerping, diskriminasie en selfs die dood in die gesig gestaar. Tog het baie gelowiges aan Jesus getrou gebly.

Antipas is ’n goeie voorbeeld. Jesus het hom “my getroue getuie” genoem. Antipas is doodgemaak omdat hy geweier het om sy geloof te verloën. Hy het geglo en bely dat Jesus die Here is. Hy wou nie die keiser in Jesus se plek as Here erken nie.

Om aan Jesus se Naam getrou te bly, beteken om lojaal aan Hom te wees. Sy Naam herinner ons aan wie Hy is, aan sy gesag en aan sy werk as ons Here en Verlosser. Die Christene in Pergamum het geweier om hulle geloof prys te gee, selfs toe hulle swaargekry het en deur die samelewing uitgesluit is.

Geloof gaan oor meer as woorde. Wat ons sê, moet ooreenstem met hoe ons leef. Ons kan nie sê dat ons Jesus volg en terselfdertyd sy Woord prysgee om ander mense tevrede te stel nie. Vandag word Christene in sommige lande steeds vervolg oor hulle geloof. Getrouheid beteken om Jesus eerste te stel, vas te staan in sy waarheid en Hom te eer, wat dit ook al kos.


Here Jesus, help ons om aan U getrou te bly en U te eer in alles wat ons sê en doen. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-10-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer