Photo Caption
Photo Caption

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

Openbaring 2:19: “Ek weet alles wat julle doen. Ek ken julle liefde, geloof, diensvaardigheid en volharding en Ek weet dat julle nou ook meer doen as tevore.”


Die gemeente in Thiatíre was nie groot nie. Die stad was ongeveer 60 kilometer suidoos van Pergamum. Dit was ’n belangrike handelsstad waar handelaars en gildes baie invloed gehad het. Baie werkers moes aan ’n gilde behoort om hulle werk te behou. Die byeenkomste van hierdie gildes het egter dikwels afgodsaanbidding, etes waar kos aan afgode geoffer is en seksuele onsedelikheid ingesluit. Christene moes ’n moeilike keuse maak: Om in te pas om hulle inkomste te beskerm, of om getrou aan Jesus te bly en moontlik hulle werk te verloor. Jesus het dit geweet. Hy het hulle liefde, geloof, diensvaardigheid en volharding raakgesien. Hy het ook gesien dat hulle daarin gegroei het. Hy het hulle gewaarsku om nie die verkeerde lering te aanvaar wat mense van Hom af wegtrek nie. Ons ervaar vandag ook druk om ons geloof prys te gee. Ons kan versoek word om ons waardes te verander om in te pas, ons reputasie te beskerm, ’n vriendskap te behou of sukses by die werk te behaal. Jesus roep ons egter om getrou te bly.

Thiatíre herinner ons daaraan dat getrouheid beteken om aan Jesus vas te hou, kompromie te vermy en aan te hou groei in liefde, geloof en diens. Dit begin by my.


Here Jesus, help my om getrou aan U te bly wanneer dit moeilik is. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-10-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer