Photo Caption
Photo Caption

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

2 Konings 7:9: “Ons maak nie reg nie. Vandag is ’n dag vir blydskap, en ons bly stil!”


Die vier melaatses het alle rede gehad om moedeloos te wees. Hulle was honger, verwerp en het buite die stad gewoon. Tog het God reeds iets gedoen wat hulle nooit kon verwag nie. Hy het die vyand laat vlug en kos, klere en alles wat hulle nodig gehad het, agtergelaat.

Aanvanklik het die melaatses die goeie dinge wat hulle gevind het, geniet. Toe besef hulle dat hulle hierdie nuus nie vir hulself kon hou nie. Ander mense was nog honger en bang. Hulle moes weet wat God gedoen het. Hulle woorde daag ons vandag ook uit. As volgelinge van Jesus het ons wonderlike goeie nuus ontvang. God het ons in Christus oorlaai met sy seëninge – vergifnis, nuwe lewe en hoop. Hierdie goeie boodskap is nie bedoel om by ons te eindig nie. Soms raak ons so gemaklik met God se seëninge dat ons vergeet van mense wat na hoop soek. Hulle het dalk nodig om te hoor dat God hulle lief het en daar hoop in Christus is. Ons hoef nie perfekte woorde te hê nie. Ons kan eenvoudig vertel wat God in ons lewe gedoen het. Vra God vandag om vir jou iemand te wys wat bemoediging of hoop nodig het. Deel God se goeie boodskap met ander!


Here Jesus, help my om vandag U goeie boodskap met ander te deel. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-10-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer