Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
2 Konings 7:2: “Toe maar, jy sal dit met jou eie oë sien, maar jy sal nie daarvan eet nie.”
Samaria het deur ’n hongersnood gegaan. Elisa het aangekondig daar sou die volgende dag genoeg kos wees. Die koning se offisier het dit gehoor, maar hy kon dit nie glo nie. Die Here is nie beperk deur wat die offisier kon sien of verstaan nie. Die Arameërs het gevlug en kos agtergelaat. Die hongersnood het oornag tot ’n einde gekom, net soos God deur Elisa belowe het. Dié verhaal herinner ons daaraan ons omstandighede het nie die laaste woord nie. Geloof beteken nie dat ons probleme ignoreer nie. Dit beteken ons vertrou God, selfs wanneer ons nog nie die antwoord kan sien nie.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie