Photo Caption
Photo Caption

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel
// MK testing tag

DR. ANNES NEL

2 Konings 7:9: “Ons maak nie reg nie. Vandag is ’n dag van blydskap, en ons bly stil!”


In plaas daarvan om te vra: “God, wat doen U?” het die koning van Israel in hierdie krisis gevra: “Wie se skuld is dit?” In sy oë was Elisa die probleem. Hy wou hom doodmaak. Tog was die Here reeds aan die werk om sy beloftes deur Elisa te vervul. Vier melaatse mans het niks meer gehad om te verloor nie. Toe hulle by die Arameërs se kamp aankom op soek na kos, ontdek hulle dat die hele leër gevlug en kos en ander voorraad agtergelaat het. God het die Arameërs die geluid van ’n groot leër laat hoor en hulle het in vrees weggevlug.

Aanvanklik het die melaatses die goeie nuus vir hulself gehou. Toe besef hulle dat God se voorsiening nie geheim gehou moet word nie. Toe hulle die goeie nuus deel, het die koning dit nie geglo nie. Vrees het hom agterdogtig gemaak, selfs toe God se antwoord reg voor hom was.

Maar God se woord deur Elisa het oornag waar geword. Die beleg was verby, daar was weer genoeg kos en die mense is gered.

Soms laat ons probleme ons net sien wat voor ons is. Mag God ons oë oopmaak om sy teenwoordigheid te sien en ons ore oopmaak om sy beloftes te hoor en te vertrou.


Here, help my om u beloftes in moeilike tye te vertrou. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-09-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer