Photo Caption
Photo Caption

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

2 Konings 3:27: “Toe breek daar ’n verskriklike oordeel los oor Israel, en Israel het van Mesa af weggetrek” – (2020-vertaling).


Die wonderwerke in 2 Konings 4 is kragtige getuienis van God se sorg. Tog vertel die vorige hoofstuk ’n heel ander verhaal wat moeilike vrae laat ontstaan.

Die verhaal in 2 Konings 3 neem ’n onverwagse wending. God het water vir die leërs voorsien en hulle die oorwinning oor Moab gegee, soos Hy deur Elisa belowe het. Dit het gelyk asof alles volgens plan verloop. Toe koning Mesa in sy stad vasgekeer was, het hy ’n skokkende offer gebring. Die leër wat die finale veldslag so goed gewen het, trek egter terug as gevolg van ’n verskriklike oordeel oor Israel. Ons weet nie presies wat dit beteken het nie. Ons ken hierdie ervaring. Ons bid, soek God se leiding en sien hoe Hy werk, maar dan verloop dinge anders as wat ons verwag. Dit voel asof die plan skielik verander het. Ons kan nie die hele prentjie sien nie. Ons geloof beteken ook nie dat ons alles moet verstaan nie. Ons vertrou God omdat sy wysheid groter is as ons s’n. Jesaja sê: “My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here” (Jesaja 55:8). Tog, wanneer God se pad vir ons ’n geheim bly, kan ons steeds op Hom vertrou.


Here, wanneer ek nie verstaan wat gebeur nie, help my om te vertrou dat u wysheid groter is as myne. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-09-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer