Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
2 Konings 4:43: “Hulle sal eet en nog oorhou.”
’n Man het tydens ’n groot hongersnood twintig garsbrode en vars koring vir Elisa gebring. Dit het heeltemal te min gelyk om honderd mense te voed. Tog het Elisa vir sy dienaar gesê om dit vir die mense te gee. Die dienaar het net die tekort gesien, maar Elisa het God vertrou. Almal het geëet en daar het kos oorgebly. God het meer as genoeg voorsien. Die Here is nie beperk deur wat ons het nie. Wat vir ons klein en onvoldoende lyk, kan Hy gebruik om meer as genoeg te voorsien. God gebruik ons klein bydrae om baie mense te seën. Die oorvloed wat ons in Jesus vind, word verder duidelik. Hy versorg nie net ons liggaamlike behoeftes nie. Hy sê: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.” (Johannes 6:35). Jesus alleen versadig ons diepste geestelike honger.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie