Photo Caption
Photo Caption

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

Matteus 15:34: “Hoeveel brood het julle?” vra Jesus hulle. “Sewe,” antwoord hulle, “en ’n paar vissies.”


Die weduwee in 2 Konings 4 was in ’n baie moeilike situasie. Haar man is dood, sy het groot skuld gehad en haar seuns was in gevaar. Toe Elisa vra wat sy in die huis het, kon sy net aan ’n klein bietjie olie dink. Tog het God daardie klein bietjie olie gebruik om baie kruike te vul, haar skuld te betaal en vir haar gesin te sorg.

Baie jare later wou Jesus ’n groot skare voed. Hulle het niks gehad om te eet nie. Die dissipels het die probleem raakgesien. Hulle het net sewe brode en ’n paar vissies gehad. Weer het iets wat te min gelyk het, meer as genoeg geword toe dit in Jesus se hande geplaas is. In albei verhale begin God met dit wat reeds beskikbaar is. Die weduwee het olie gehad en die dissipels het brood en vis gehad. Dit was nie genoeg volgens menslike berekening nie, maar Hy kon daarmee werk. Ons kyk dikwels na wat ons nie het nie en vergeet om wat ons wel het, vir God te gee. Ons tyd, geld, talente, liefde en klein dade van diens mag onbelangrik lyk. Wanneer ons dit aan God toevertrou, kan Hy dit gebruik om baie meer te doen as wat ons verwag.


Here, neem wat ek het en gebruik dit om ander te seën en U Naam te verheerlik. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-11-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer