Photo Caption
Photo Caption

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

2 Konings 2:11: “Terwyl hulle gesels-gesels verder gegaan het, was daar skielik ’n wa van vuur met perde van vuur wat hulle twee van mekaar geskei het.”


Vir ’n kort oomblik het God vir Elisa gewys wat hy normaalweg nie kon sien nie. Die wa en perde van vuur het gewys dat God daar was en in beheer was, al kon Elisa nie altyd die onsigbare wêreld rondom hom sien nie.

Ons sien iets soortgelyks wanneer Jesus op die berg verheerlik word. Jesus is nie eers toe verheerlik nie. Sy heerlikheid was reeds daar. Die dissipels is net toegelaat om vir ’n kort tydjie te sien wat hulle gewoonlik nie kon sien nie. Moses en Elia het ook aan hulle verskyn en met Jesus gepraat. Die hemel en God se teenwoordigheid was nader as wat hulle besef het. Ons sien dikwels net wat voor ons is: ons probleme, bekommernisse, teleurstellings en vrese. Wat ons egter sien, is nie die hele werklikheid nie. Ons sien meestal nie engele of hemelse heerlikheid nie. Hy vra dat ons Hom deur geloof sal vertrou. Hy is by ons en Hy werk, selfs wanneer ons Hom nie kan sien nie.

Wanneer jou omstandighede te veel voel, moenie vergeet wat jy van God weet nie. Hy is steeds by jou. Sy krag is groter as jou probleme en Hy is steeds besig om sy wil uit te voer.


Here, help my om U te vertrou wanneer ek nie weet wat voorlê nie.

Kommentaar

Republikein 2026-09-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer