Photo Caption
Photo Caption

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

2 Konings 2:15: “Die gees van Elia rus op Elisa.”


Elisa het God se krag gesien en sy roeping ontvang. Dit beteken egter nie dat sy lewe maklik sou wees nie. Toe Elia van hom weggeneem is, was Elisa baie hartseer. Elia was sy leermeester, gids en geestelike vader. Elisa het uitgeroep: “My vader, my vader!” (2:12). Dit wys vir ons dat ons, selfs wanneer ons die Here volg, steeds hartseer en verlies kan beleef. Die Here het Elisa nie alleen gelos nie. Elia se mantel het vir Elisa gewys dat sy werk nou verander het. ’n Ou hoofstuk van sy lewe was verby. God het hom vir nuwe verantwoordelikhede geroep. Toe Elisa by die Jordaan kom, het hy gevra: “Waar is die Here, die God van Elia?” (2:14). Hy moes weet dat die God wat deur Elia gewerk het, steeds met hom was. Die Here het toe die water van die Jordaan oopgemaak. Die profete wat dit gesien het, het besef dat die gees van Elia nou op Elisa rus (2:15).

Dit is goeie nuus vir ons. Ons kan verandering, teleurstelling, hartseer en verlies beleef. Die Here bly by ons, is getrou en lei ons deur sy Gees. Wanneer Hy ons roep, sal Hy ons ook help om ons taak te voltooi.


Here, wanneer ek deur moeilike verandering gaan, herinner my daaraan dat U steeds by my is en my getrou vorentoe sal lei. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-09-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer