Photo Caption
Photo Caption

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

Psalm 139:1: “Here, U sien dwarsdeur my, U ken my.”


Wie is ons? Psalm 139 herinner ons dat niks van ons lewe vir God ’n geheim is nie. Hy sien ons en Hy ken ons. Hy weet wanneer ons sit en wanneer ons opstaan (Psalm 139:2). Hy ken selfs ons gedagtes voordat ons dit in woorde kan uitdruk.

Dit kan ons soms ongemaklik maak. God sien ook die dinge wat ons liewer vir ander mense wil wegsteek. Hy ken ons foute, ons selfsug, ons verkeerde gedagtes en ons swakhede. Tog hoef ons nie van Hom af weg te vlug nie. Ons vind juis troos daarin dat Hy ons heeltemal ken. God ken ons omdat Hy ons gemaak het. Ons lewe is nie ’n ongeluk nie. Nog voordat ons gebore is, het Hy ons geken. Hy weet waar ons vandaan kom, waar ons nou is en waarheen ons op pad is. Omdat God ons so goed ken, moet ons ook bereid wees om eerlik na onsself te kyk. Is ons gedagtes, woorde en optrede in ooreenstemming met sy wil? Dit gee ons egter ook hoop wanneer ons nie weet wat om te bid nie. Ons hoef nie die regte woorde te hê nie. God ken reeds ons harte en weet wat ons nodig het. Ons kan daarom eerlik met Hom wees en alles na Hom toe bring, selfs ons vrae, vrese en bekommernisse.


Here, help my om te vertrou dat U my volkome ken en lei my elke dag op u pad. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-09-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer