Photo Caption
Photo Caption

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

Efesiërs 4:22-24: “. . . breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word. Julle gees en gedagtes moet nuut word; lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig.”


Wat leer ons van Christus (4:20)? Paulus wys op drie belangrike dinge. Eerstens, ons is geleer om die ou mens af te lê. Dit beteken dat ons ons ou manier van lewe, sondige gewoontes en verkeerde begeertes agterlaat (4:22). Dit is soos om vuil, verslete klere uit te trek wat nie meer by ons nuwe lewe pas nie.

Tweedens, ons is geleer om die nuwe mens aan te trek. Die Christelike lewe beteken nie net dat ons Jesus by ons ou lewe voeg nie. God gee vir ons ’n nuwe lewe sodat ons sy beeld kan uitstraal – vol van geregtigheid en heiligheid (4:24). Ons is immers God se maaksel, in Christus Jesus geskep om goeie werke te doen (2:10).

Derdens, God vernuwe ons denke. Hy verander die manier waarop ons dink, hoe ons die lewe verstaan en op ander reageer (4:23). 

Martin Luther beskryf hierdie proses: “Ons is nie nou wat ons eendag sal wees nie, maar ons is op pad. Die proses is nog nie voltooi nie, maar dit is voortdurend aan die gang.”


Here, help ons om die ou lewe af te lê en elke dag meer soos Christus te word. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-11-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer