Photo Caption
Photo Caption

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

Job 42:16-17: “Job het nog honderd en veertig jaar gelewe. Hy het sy kinders en kindskinders tot in die vierde geslag gesien. Job het toe gesterf. Hy was oud en het ’n vol lewe gehad.”


Job se verhaal eindig nie met tragedie nie, maar met hoop. God se teenwoordigheid bring ’n nuwe begin. Job se verlies was werklik. Sy nuwe kinders het nie die kinders vervang wat hy verloor het nie. Die pyn het gebly, maar dit het nie die laaste woord gehad nie. God het Job weer herstel en hom teruggebring na sy mense. Sy lewe is nie oornag herbou nie. Herstel het tyd geneem, maar dit was werklik. 

Job leer ons dat ons verlede nie ons toekoms vasketting nie. Baie vrae bly onbeantwoord, maar God maak ’n pad van hoop oop. Hy vee nie ons seer uit nie, maar Hy gee ons krag om daarmee saam te leef en lei ons na ’n nuwe toekoms. Hierdie hoop kry sy volle betekenis in Jesus Christus. God het ons lyding binnegekom, saam met ons geleef, vir ons gesterf en uit die dood opgestaan. Daarom weet ons dat lyding en die dood nie die laaste woord het nie. Ons verstaan nie alles nie, maar ons vertrou die God wat ons nooit verlaat nie en wat ’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde belowe.


Here, dankie dat U my hoop gee deur u teenwoordigheid en my elke dag na u nuwe toekoms lei. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-11-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer