Photo Caption
Photo Caption

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

Job 42:12: “Die Here het die laaste deel van Job se lewe voorspoediger gemaak as die eerste.”


Job se herstel wys vir ons hoe groot God se genade is. Die Here het vir Job dubbel soveel gegee as wat hy voorheen gehad het: dubbel soveel vee, sewe seuns en drie pragtige dogters, ’n lang lewe en die vreugde om sy kinders en kleinkinders tot in die vierde geslag te sien (Job 42:10-17).

Dit was nie net ’n vervanging van wat Job verloor het nie. In die Ou Testament was ’n dubbele vergoeding ’n teken van volle herstel en reg wat geskied het (Eksodus 22; Jesaja 61:7). God het gewys dat Hy nie van Job se lyding vergeet het nie. Hy het sy verlies herstel en volle verantwoordelikheid daarvoor geneem.

Job se herstel wys ook vooruit na Jesus Christus. Sonde het gebrokenheid in die wêreld gebring, maar God het ons nie aan onsself oorgelaat nie. Hy het volle verantwoordelikheid daarvoor geneem. In Jesus het God ons lyding en sonde op Hom geneem toe Hy aan die kruis gesterf het (Jesaja 53:4-6; 2 Korintiërs 5:21; 1 Petrus 2:24). Deur die offer van sy Seun het God geregtigheid laat geskied en die weg na volkome herstel oopgemaak. Daarom het ons die vaste hoop dat God eendag alles nuut sal maak (Openbaring 21:3-5).


Here, dankie vir U verrassende genade wat herstel bring en vir die vaste hoop wat ons in Jesus Christus het. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-10-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer