BYBELSE WYSHEID
BYBELSE WYSHEID

BYBELSE WYSHEID

-
-
Francoise Steynberg

DR. ANNES NEL

Job 38:33: Weet jy hoe die hemelliggame werk? Stel jy hulle invloed op die aarde vas?


Die Here vra vir Job ’n reeks vrae om vir hom te wys hoe groot die verskil is tussen menslike vermoë en God se mag (Job 38:34-38). Job het baie oor sy lyding gepraat, maar kan hy die wolke beveel om reën te gee (38:34)? Kan hy die weerlig stuur en laat antwoord: “Hier is ons” (38:35)? Nee. Net God beheer die weer en die kragte van die natuur.

Die Here verwys ook na die ibis en die haan (38:36), voëls wat mense met wysheid en die voorspelling van weer verbind het. Hierdie diere verstaan dinge wat mense nie verstaan nie. God alleen het die wysheid om die wolke te tel en reën oor die aarde uit te giet (38:37–38). Hy weet presies wanneer die grond water nodig het. Job kan nie die natuur beheer nie.

Dan wys die Here op die leeus en die kraaie (39:1-3). Hy sorg vir kos vir die honger leeus en voed die jong kraaie wanneer hulle uitroep van honger.

As God so getrou vir diere sorg, groot en klein, sal Hy ook vir mense sorg. Ons moet nederigheid en vertroue aanleer. Ons hoef nie alles te verstaan nie, maar kan die God vertrou wat alles beheer en vir sy hele skepping omgee. Doen dit vandag, ongeag jou omstandighede.


Almagtige Here, ek vertrou U vandag. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-07-30

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer