Photo Caption
Photo Caption

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

Job 38:2: “Wie is dit wat besig is om my bedoelinge te dwarsboom met woorde wat getuig dat hy geen insig het nie?”


God vra vir Job ’n reeks vrae wat hy nie kan beantwoord nie. Die eerste vraag kom neer op: “Wie dink jy is jy?” God wys vir Job dat hy oor dinge gepraat het wat hy nie ten volle verstaan nie. Die woorde se toon is dat God nie tevrede was met Job se houding nie.

Die Here sê vir Job om homself reg te maak soos ’n man wat gereed is vir ’n uitdaging (38:3). Job wou vroeër sy saak voor God stel, maar nou draai God die rolle om en toets Job se wysheid.

Job se swaarkry het sy siening van God en die lewe beïnvloed. In sy pyn het hy dinge gesê wat sy verwarring en moedeloosheid gewys het. Hy het selfs die dag vervloek waarop hy gebore is. Al was Job se vrae weldeurdag, sê God dat sy woorde onvoldoende begrip vir God se planne getoon het.

Ons het baie vrae in die lewe, maar ons beheer nie die wêreld nie. Ons kan slim dwase wees, want ons kennis is beperk. Ons word opgeroep om in nederigheid die Een te vertrou wat die wêreld in sy hande hou – ook jou lewe.



Here, gee my die nederigheid om my hele lewe aan u sorg oor te gee. Amen.


Kommentaar

Republikein 2026-11-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer