Bybel
Bybel

Bybelse wysheid

-
-
Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

Job 33:14: “God spreek die mens aan; Hy huiwer nie om dit op meer as een manier te doen nie.”


Elihu sê dat God praat, maar mense hoor Hom dikwels nie (Job 33:14). God kan deur drome en visioene praat (Job 33:15; sien Numeri 12:6). Hy het so met Daniël gepraat. Josef is in ’n droom gewaarsku om met die kind Jesus na Egipte te vlug (Matteus 2:13). Petrus het ’n gesig ontvang om te bevestig dat die evangelie ook vir heidene bedoel is (Handelinge 10:9-16).

God kan ook deur lyding en pyn praat. Die doel van sulke lyding is duidelik. God praat om mense van ondergang te red en hulle teen hoogmoed te beskerm (Job 33:16-18). Die doel is nie om te vernietig nie, maar om te red. Tog is nie alle lyding God se waarskuwing of teregwysing is. In Job se geval was dit nie so nie. Job was toegewy aan God. Dit kan hard en onsensitief wees om vir iemand in lyding te sê dat sy lyding net God se dissipline is. Soms is nederigheid, meegevoel en stilte die wysste reaksie te midde van die misterie van pyn.

Kommentaar

Republikein 2026-07-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer