Bybel
Bybel

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

Romeine 5:12: “Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het.”


Die Bybel noem ten minste twee vorme van lyding. Die eerste is die lyding as gevolg van die sondeval. Dit is dikwels buite ons beheer. Die tweede is die lyding wat mense ervaar omdat hulle Jesus volg. Vandag kyk ons na die eerste soort.

Eerstens het God die wêreld goed geskep, maar sonde het siekte, verlies, rampe en dood gebring. Die wêreld is nie meer soos God dit oorspronklik bedoel het nie. Ons sien elke dag die gevolge van sonde in die skepping (Genesis 3:16-19; Romeine 5:12; Romeine 8:20-22).

Tweedens kan lyding God se heerlikheid openbaar. Toe Jesus ’n man ontmoet het wat van geboorte af blind was, het Hy gesê dat die man se toestand nie die gevolg van sy eie sonde was nie. God se werke sou deur hom sigbaar word. Derdens gebruik die Here lyding soms as opvoeding en teregwysing. Sy dissipline is nie woede nie, maar liefde wat ons geestelik laat groei (Hebreërs 12:6-11; Spreuke 3:11-12).

Kommentaar

Republikein 2026-09-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer