Bybel
Bybel

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

Job 23:3-4: “As ek maar geweet het waar om God te vind, sou ek na sy woonplek toe gaan en my saak voor Hom lê.”


J.J. Buskes vra in sy boek God en het Lijden ’n belangrike vraag: Gee God nog om vir hierdie wêreld? Dis nie net ’n vraag vir teoloë nie. Dis ’n vraag wat ons almal vra wanneer ons pyn, oorlog, siekte en onreg sien.

Buskes verwys na ’n verhaal in Henri Barbusse se boek Le Feu. Gewonde soldate in ’n hospitaal praat oor God en lyding. Een soldaat sê hy kan nie meer in God glo nadat hy soveel onskuldige mense sien ly het nie. ’n Ander sê dat as God goed is, mense nie van die koue sou sterf nie.

Job se vriende het geglo dat lyding altyd deur persoonlike sonde veroorsaak word. Elifas het pas vir Job beskuldig en gesê sy pyn is sy eie skuld (22:6-9). 

Sonde het wel die wêreld gebreek en baie geweld en onreg gebring, maar nie alle lyding is ’n straf vir persoonlike sonde nie. Jesus het self gewys dat hierdie verband nie altyd bestaan nie (Lukas 13:1-2; Johannes 9:1-3). Sy eie lyding wys dat onskuldige mense ook ly. 

Baie pyn in die wêreld word deur mense veroorsaak. God het egter nie op ’n afstand gebly nie. In Christus het Hy na ons toe gekom en self gely. Hy is by ons in ons swaarkry.


Here Jesus, dankie dat U by ons is in ons swaarkry. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-11-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer