Bybelse wysheid
Bybelse wysheid

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

Job 2:10: “Jy praat nou soos ’n vroumens sonder verstand. As ons die goeie van God aanvaar, moet ons nie ook die slegte aanvaar nie?”


Sal ons geloof in die Here bly staan wanneer ons alles – besittings, familie en gesondheid – verloor? Toe Job in ’n verskriklike toestand was, het sy vrou vir hom gesê om moed op te gee (2:9). Maar Job het geweier. 

Vroeër, nadat hy alles verloor het, het hy gesê: “Die Here het gegee en die Here het geneem. Prys die Naam van die Here” (1:21). Job sê nie sy vrou is dom nie. Haar geestelike insig is eerder beperk. Job glo dat God steeds in beheer is, selfs wanneer lyding kom. Hy glo nie net op grond van seëninge, gesondheid of voorspoed nie. In die hart van Job se geloof is hierdie belydenis: Ek sal God dien in goeie en slegte tye.

Sal jou geloof hou as daar geen seëninge is nie? Sou ek die Here nog dien as daar geen ewige lewe was nie? 

Die Russiese skrywer Abram Terz-Sinjavski skryf: “Ons moenie in God glo uit tradisie nie, nie omdat ons angstig is oor die dood nie, nie omdat iemand vir ons gesê het om dit te doen nie, nie omdat iets ons bang maak nie, nie uit humanitêre oorwegings nie, nie om gered te word nie, maar om die eenvoudige rede dat God bestaan.”


Here, help ons om U te vertrou in vreugde en in lyding. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-08-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer