Bybelse wysheid
Bybelse wysheid

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

Job 1:9-11: “Toe antwoord Satan die Here: ‘Dit is nie sonder rede dat Job U dien nie! U beskerm hom, sy huis en al sy besittings. Maar raak nou net aan sy besittings en kyk of hy U nie in u gesig vervloek nie’.”


In die eerste twee hoofstukke van Job is daar verskeie gesprekke. Die eerste is tussen God en Satan. Satan sê mense dien God net omdat die Here ons beskerm en seën (1:9-11). 

Volgens hom hang Job se geloof van hierdie seëninge en sy beskermde lewe af. Daarom word Job getoets. In ’n kort tyd verloor hy sy besittings, sy werkers en sy kinders. Tog sondig Job nie en draai hy nie teen God nie (1:22).

Satan is nie tevrede nie: “Maar raak nou net aan sy liggaam en kyk of hy U nie in u gesig vervloek nie” (2:5). Hy glo dat, as Job self ly, sy geloof sal verbrokkel. Job word toe met pynlike sere van kop tot tone getref (2:7). Hy sit en krap sy wonde tussen die uitgeworpenes op die ashoop (2:8). Satan wil bewys dat ons net glo vir die voordele wat geloof bring. Partykeer dink ons ook so. As swaarkry kom, vra ons wat ons verkeerd gedoen het. As dit goed gaan, dink ons dit is omdat ons God tevrede stel.

Hoekom dien jy God? Hang jou geloof van seëninge af? Sal jy Hom dien sonder enige seëninge?


Vader, ek vertrou U in goeie en slegte tye. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-06-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer