Bybelse wysheid
Bybelse wysheid

Bybelse wysheid

Dr. Annes Nel

DR. ANNES NEL

Efesiërs 2:10: “Ons is immers sy maaksel, geskep in Christus Jesus om goeie werke wat God voorberei het, te doen en daarvolgens te leef.”


Die Griekse filosoof Sokrates het probeer om ’n mens te beskryf as ’n tweevoetige wese sonder vere en met plat naels, net om ons van hoenders te onderskei. Tog, skryf Flip Theron, as ons na gorillas in ’n dieretuin kyk, lyk die verskil tussen hulle en ons soms baie kleiner!

Paulus praat nie so oor ons nie. Ons is God se handewerk. Die woord wat hy gebruik, beteken iets soos ’n kunswerk of ’n gedig. Ons is nie maar net toevallig hier of bloot biologiese wesens nie – ons is God se meesterstuk. God is besig om ons lewens te vorm, soos ’n kunstenaar sy werk vorm of soos iemand wat ’n nuwe gedig skryf.

Ons slegte verlede is verander. Ons wat ver van God was en op pad na sy oordeel was (2:3), leef nou anders en doen goeie dinge. Hierdie goeie werke is nie ons eie idee nie – God het dit reeds vir ons voorberei. Voorheen het ons van God af weggeloop en ons eie kop gevolg (2:1-3), maar nou stap ons op sy pad (2:10).

Dis ’n totale verandering van ons identiteit. Sonder Christus sou ons nog dieselfde gewees het, maar deur Hom het God ’n streep deur ons verlede getrek.


Here, lei my om die goeie werke wat U vir my voorberei het, te doen. Amen.

Kommentaar

Republikein 2026-08-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer